Перейти к содержимому

LAAT LOOP DIE HOOP (ft. Jonathan Fenske, Kobus de Wet & Morné Oosthuizen) | DOXA DEO WORSHIP

DOXA DEO WORSHIP (REvelation Enterprises)

0:00 / 0:00

LAAT LOOP DIE HOOP (ft. Jonathan Fenske, Kobus de Wet & Morné Oosthuizen) | DOXA DEO WORSHIP

6 480 просмотров · 1 месяц назад
DOXA DEO WORSHIP (REvelation Enterprises)
3,44 тыс. подписчиков
6 480 просмотров · 1 месяц назад
LAAT LOOP DIE HOOP Hoop kry hande en voete wanneer ons dit begin leef Van die kerk tot die skool. Van die werk tot die plek wat huis is. Van die kind tot die mens wat grys is. Laat Loop Die Hoop is ’n verklaring dat die Koninkryk van God sigbaar kan word deur gewone mense wat kies om Sy liefde, vrede en hoop te dra waar hulle ook al gaan. Ons gebed is eenvoudig: Dat die aarde al hoe meer soos die Hemelryk sal lyk. Dat waarheid sal blom. Dat leuens sal wyk. Dat die hele mensdom Hom sal beleef. Mag hierdie lied nie net iets wees wat ons sing nie, maar iets wat ons leef. Laat U liefde deur my lewe loop. Laat U vrede deur my lewe loop. Luister op Spotify, Apple Music en ander platforms: https://distrokid.com/hyperfollow/dox... Volg Doxa Deo Worship: Instagram:   / revelation_enterprises   Facebook:   / revelationenterprisesdoxadeo   Video produksie deur: ‪@handmademedia5388‬ Musiekproduksie deur: ‪@stassmusic‬ Lirieke: Vers 1 Ek’s ’n mens op n missie, ’n kryger met n visie Dat die aarde lyk soos die hemelryk, dat die waarheid sal blom Vers 2 Die kruis is my posisie, met hoop as ammunisie Soos U Woord bly sê, laat die leuens loop lê dat U koninkryk kom Koor Laat loop die hoop Laat loop die hoop Laat U liefde deur my lewe loop Laat loop die hoop Laat loop die hoop Laat U vrede deur my lewe loop Vers 3 Ek’s ’n Kind van die koning, Veilig in U woning Roep ek uit met trots, want die vaste rots Sal ewig bly staan Vers 4 Met skoene van bereidheid, seker van my heelheid Ek is sout en lig, bring die Hoop weer terug na die een wat steeds soek Brug Van die kind tot die mens wat grys is Van die min tot die een wat ryk is Laat die hele mensdom U beleef Van die kerk tot die skool wat uit is Van die werk tot die plek wat huis is Laat die hele mensdom U beleef