Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Ds Gustav Opperman
Woorde uit sy Woning
0:00 / 0:00
Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Ds Gustav Opperman
2 761 просмотр · 6 лет назад
Woorde uit sy Woning
5,24 тыс. подписчиков
2 761 просмотр · 6 лет назад
Elke keer as daar 'n ramp of 'n krisis is, dan vra mense: Why do bad things happen to good people? Dien ons 'n wrede en onverstaanbare God? Waarom die kwaad? Waarom moord en oorlog? Waarom die verskriklike rampe?
Waarom gebeur hierdie dinge?
Is dit God se werk?
Ons neem vandag vir 'n oomblik ons oë af van die wolke daarbuite.
Vir 'n oomblik vestig ons, ons oë op die HERE se Woord
en net die HERE se Woord.
Vir 'n oomblik vergeet ons
van die weervoorspellers en die natuurkenners,
die profete van klimaatsverandering
wat so seker is
so seker is van hoe alles werk
van waar alles vandaan gekom het
en waar alles heengaan.
In hierdie heilige uur het ons net aandag vir die God wat praat
en die woorde van sy Seun,
woorde wat duisende jare gelede vir ons hier vandag
opgeteken is.
Ons kyk en ons luister na dit
wat die HERE vir ons aangaande sy skepping
en herskepping bekendgemaak het,
wat Hy ons openbaar het aangaande sy oordeel ...
maar ook sy genade.
Die HERE wil ook hê
dat ons hierna weer na die natuur,
die wolke en die reënboog sal kyk,
maar nie op dieselfde wyse nie ...
Nie met beterweterigheid van die menslike wetenskap nie,
maar dat ons in kinderlike verwondering sal opkyk
na die tekens van God se genade.
Ons kyk na die wolke en die reënboog
as tekens van God se genade,
want ons het vandag steeds genade nodig,
al lewe ons in 'n heeltemal ander tydvak
as die mense in Noag se tyd.
Ons het vandag steeds genade nodig
al leef ons nie meer in daardie tyd
toe daar reuse op aarde gewandel het nie,
mense wat amper 'n duisend jaar oud geword het nie.
Al loop daar nie meer dinosourusse op aarde rond nie,
het ons vandag steeds genade nodig.
Al lyk en funksioneer die skepping vandag heeltemal,
geheel-en-al anders na die sondvloed
as in die tyd wat dit vooraf gegaan het.
Ons het vandag steeds genade nodig,
want die mens is vandag nog
net so verwaand as in Noag se dae.
Ons leef vandag ook tussen manne van naam,
(soos ons gelees het).
Alle mense is nog steeds verdorwe
en hierdie aarde word nog steeds
met geweld en bloed besoedel.
Bron: Romeine 8
Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Alles ten goede.
Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning
2018 04 15
Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!
Skryf asb in op ons YouTube kanaal! Kliep op UC4a6OxJVCv1iYCtt6TjpGMQ
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
Besoek gerus #uitdiepvandonkernagte op FB.
Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) • Uit Diep van Donker Nagte Reformation 500 ...
2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com
3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik.
4) Beskikbaar:
Volledige Bybelstudie CD-reekse: Openbaring (20 CD's)
Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's)
Hierdie Bybelstudiereekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
Kategismusreekse: Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leërreels.
Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: reformeer@gmail.com
6) Besoek ons Faceboek-blad: Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
7) Ons gemeente is 101 jaar oud.
Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u GK Matlabas Mediadienste finansiëel wil ondersteun, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer.
Musiek:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Ps 65 & Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers