Die Ultieme Crunchy Vetkoeke – In Olie óf in die Airfryer! 🇿🇦🫓🍛
Affordable Eats & Living
0:00 / 0:00
Die Ultieme Crunchy Vetkoeke – In Olie óf in die Airfryer! 🇿🇦🫓🍛
939 просмотров · 7 дн. назад
Affordable Eats & Living
4,29 тыс. подписчиков
939 просмотров · 7 дн. назад
Crunchy Vetkoeke – In Olie óf in die Airfryer! 🇿🇦🫓🍛
Sukkel jy om die perfekte vetkoek te bak wat goudbruin en lekker crunchy van buite is. Vandag wys ek jou stap-vir-stap presies hoe om dit reg te kry – sonder die stres!
Of jy nou hou van die tradisionele manier (gebak in warm olie) of dinge 'n bietjie moderner en vinniger wil doen in die Airfryer, ek het jou gedek. As jy my stappe presies volg, beloof ek jou Vetkoeke gaan elke allerdaagse keer perfek uitkom!
👑 Die Perfekte Pasmaat: Bobotie-vulsel!
Wat is 'n vetkoek nou sonder 'n lekker vulsel? Vir hierdie video het ek 'n heerlike, geurige Bobotie-vulsel gemaak wat perfek hierby pas.
Let wel: Die volledige Bobotie-resep is in 'n aparte video sodat jy al die geheime van daardie perfekte geur kan kry!
👉 Kyk die Bobotie-video hier: • Die Ultieme Crunchy Vetkoeke – In Olie óf ...
(Kopieer net die skakel en plak dit in jou browser!)
Vetkoek In Olie of Die Airfryer Resep
Die geheim vir die bros buitekant is die kombinasie van giste en 'n bietjie bakpoeier, asook om die deeg nie te lank te knie nie sodat dit lekker lig bly.
Bestanddele:
4 koppies koekmeel
1 pakkie (10 g) kitsgis (Instant yeast)
1 teelepel sout
2 teelepel suiker
1 teelepel bakpoeier
2 koppies louwarm water (nie te warm nie, anders maak dit die gis dood)
kookolie vir diepbraai
Metode:
Voeg die koekmeel, kitsgis, bakpoeier, sout en suiker saam in 'n groot mengbak.
Voeg die louwarm water by terwyl jy dit met jou hande (of 'n houtlepel) meng tot 'n sag deeg gevorm is. Die deeg moet sag en effens klouerig wees, nie styf of droog nie.
Knie die deeg liggies vir so 5 minute.
Laat dit rys: Smeer 'n klein bietjie olie in die bak en vee die oortollige olie uit met kombuispapier. Maak die bak toe met kleefwerende plastiek en vadoek bo-oor. Ek het ‘n kombers ook bo-oor gesit en laat dit op 'n lekker warm plek rys vir omtrent 45 - 60 minute (tot dit dubbel die grootte is).
Smeer jou hande met 'n bietjie olie (moenie ekstra koekmeel op die deeg gooi nie, koekmeel in die olie laat dit brand).
Smeer jou werksoppervlak ook met bietjie olie. Knyp stukkies deeg af en vorm. Laat die gevormde vetkoekies net so vir nog 10 minute op die werkoppervlak staan om weer effens te pof.
⚠️ Die 3 Goue Reëls vir die "Crunch:
• Die Olie-toets: Jou olie moet die regte hitte wees (omtrent medium-hoë hitte). As jy 'n klein stukkie deeg in die olie gooi en dit bruis dadelik en kom boontoe, is dit reg. As die olie te koud is, gaan die vetkoek dit opsuig en deurnat word; as dit te warm is, is hy swart van buite en rou van binne.
• Die "Basting" Tegniek: Sodra jy die deeg in die warm olie sit, vat 'n groot lepels en skep aanhoudend van die warm olie bo-oor die bopant van die vetkoek terwyl hy braai. Dit laat hom dadelik vreeslik op-pof en maak daardie perfekte, krakerige blase op die boonste kors!
• Braai tot donker-goud: Braai hom vir so 3 - 4 minute per kant.
Moenie hom te vroeg uithaal nie, daardie mooi, diep donkergoue kleur is waar die "crunch" sit.
Haal hulle uit, dreineer op kombuispapier, en sny hulle dadelik oop terwyl die stoom nog so uittrek. Hulle gaan hard en krakerig wees as jy aan die korsie raak, maar soos 'n donswolk van binne!
Uit een vetkoekdeeg kry jy so 10 vetkoeke!
Moenie vergeet om te LIKE, te SHARE met enigiemand wat sukkel met vetkoek bak, en te SUBSCRIBE vir nog heerlike, eg Suid-Afrikaanse resepte reguit uit my kombuis nie!
Laat weet my in die comments: Gaan jy vir die tradisionele olie-metode of die Airfryer? 👇