Перейти к содержимому

MY STORIE MET... POST PARTUM DEPRESSIE #024

mystoriemet

0:00 / 0:00

MY STORIE MET... POST PARTUM DEPRESSIE #024

3 013 просмотров · 3 нед. назад
mystoriemet
3,25 тыс. подписчиков
3 013 просмотров · 3 нед. назад
Daar is stories wat jy vertel… en dan is daar stories wat jy voel. In hierdie episode van My storie met sit ek saam met Cherize Vermaak, beter bekend op sosiale media as “Mammas Mag Moan”. Cherize deel haar hart oor haar reis met postpartum depressie — ’n reis wat ons herinner dat postpartum depressie nie net een gesig het nie. Dit lyk nie altyd soos wat ons dink dit moet lyk nie. Soms lag ’n mamma, glimlag sy, sorg sy vir almal… terwyl sy binne-in sukkel om net deur die dag te kom. Haar storie wys vir ons dat dit okay is om te sê: “Ek is nie okay nie.” Dat dit okay is om hulp te vra. Dat ons nie alles alleen hoef te dra nie. 🤍 My wens is dat ons meer oor postpartum depressie sal praat. Dat ons sagter en meer begripvol met nuwe mammas sal wees — maar ook dat ons leer om sagter met onsself te wees. Want agter elke mamma is daar ’n mens. ’n Mens met emosies, vrese, drome en soms ’n storie wat niemand anders kan sien nie. Mag hierdie gesprek vir iemand ’n veilige plek wees om te sê: “Ek is nie okay nie… en ek het hulp nodig.” 🤍 Want ons almal het ’n storie. socials: ‪@mammasmagmoan‬