Перейти к содержимому

HIERDIE KEER / JOSIA 6:7

Kompas Familie Gemeente

0:00 / 0:00

HIERDIE KEER / JOSIA 6:7

64 просмотра · Трансляция закончилась 2 недели назад
Kompas Familie Gemeente
166 подписчиков
64 просмотра · Трансляция закончилась 2 недели назад
Daar is ’n oomblik wanneer God jou nie meer terugroep na laas keer nie, en Hy jou ook nie toelaat om jou gehoorsaamheid uit te stel tot volgende keer nie. Daar kom ’n hierdie keer, ’n Goddelike oomblik waarin die Here sê: Staan op. Trek vorentoe. Doen nou wat Ek vir jou sê. In Josua 6:7 staan Israel voor Jerigo. Die mure is steeds daar. Die uitdaging het nie verdwyn nie. Hulle het nog nie die oorwinning gesien nie. Tog kom die bevel: “Trek op…” Met ander woorde: Moenie wag totdat die muur val voordat jy beweeg nie, beweeg omdat God gepraat het! Geloof reageer op God se Woord voordat daar sigbare bewys van die uitkoms is. Hierdie keer gaan ek nie my verlede raadpleeg voordat ek God gehoorsaam nie. Hierdie keer gaan ek nie wag totdat alles sin maak nie. Hierdie keer gaan ek nie voor die muur stilstaan nie. Hierdie keer gaan ek beweeg op die Woord van die Here.