Перейти к содержимому

Deel Hom met ander.

INSIG

0:00 / 0:00

Deel Hom met ander.

346 просмотров · 3 месяца назад
INSIG
997 подписчиков
346 просмотров · 3 месяца назад
“DIE Here HERE het My ’n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge” (Jesaja 50:4, OAB). Jesus gee ons ’n mandaat om sy boodskap na die wêreld te neem: “Gaan dan heen” en “maak dissipels” (OAB). Elkeen wat ’n nuwe lewe in Christus ontvang het, word geroep om vir Hom te getuig. Al te dikwels word hierdie taak in ’n negatiewe lig beskou — as iets wat mense, na hul mening, nie kan of wil doen nie. In hul geestesoog sien hulle iemand wat op ’n straathoek staan en preek of iemand wat ’n ingewikkelde Bybelstudie vir ’n vreemdeling gee. Dan skud hulle net die kop en sê oorbluf: “Nooit as te nimmer nie, dit is nie vir my nie! Ek is ’n introvert. Om te getuig is ver buitekant my gemaksone.” Ware getuienis is eintlik iets heeltemal anders. Jy is bloot ’n ooggetuie van die dinge wat God in jou lewe doen. Terwyl jy toeneem in Christus neem jy notisie van die lesse wat jy leer, en dan deel jy bloot daardie ervarings met ander.