Перейти к содержимому

Sonde, die Evangelie en die Wet.

INSIG

0:00 / 0:00

Sonde, die Evangelie en die Wet.

322 просмотра · 3 месяца назад
INSIG
997 подписчиков
322 просмотра · 3 месяца назад
“Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie, want deur hulle het U my in die lewe gehou. Ek behoort aan U, red my, want ek vra steeds wat u bevele is” (Psalm 119:93 en 94, NAB). Sonde is ongetwyfeld die grootste struikelblok in die soeke na ’n hegte verhouding met God. Dit bring nie net skeiding tussen Hom en ons nie (Jes. 59:2), maar mislei ons en maak ons seer, teer op ons totdat daar niks van ons oorbly nie. Ons stryd teen sonde en die eie-ek is die grootste wat ons ooit sal stry — met verreikende, selfs ewige, gevolge. Vir party mense is sonde bloot deel van die alledaagse lewe. Dit feit dat ons ons so graag aan plesier oorgee, is immers eg-menslik. Die kommerwekkende vraag is egter: neem ons dit as iets ligs op omdat die samelewing gemaklik daarmee is? Mens kan natuurlik katvoet loop wanneer hierdie onderwerp ter sprake kom, te bang om sonde by die naam te noem en so aanstoot te gee. Hoe gemakliker ons daarmee raak — doelbewus kies om ons blind vir sonde te hou — hoe groter die vervreemding wat uiteindelik ons gesonde verhouding met die Here in die wiele ry. Elke liewe mens sondig. Ja, met ons gedagtes, motiewe, woorde en optrede maak ons beide ander en onsself, insluitende die Here, seer. Uiteindelik verwoes sonde ons hegte band met God. Gelukkig openbaar die Here Homself aan ons deur die kennis wat in sy wet te vinde is, insiggewende kennis wat die sonde in ons lewens blootlê. Hierdie week bekyk ons die redes waarom God ons sy wet gegee het. Ons beantwoord ook die volgende vraag: wat of wie herstel ons verhouding met God wanneer ons sy gebooie oortree en derhalwe gesondig het?