Oor wie ontferm God Hom? Ds Gustav Opperman Romeinereeks: Reg voor God#46
Woorde uit sy Woning
0:00 / 0:00
Oor wie ontferm God Hom? Ds Gustav Opperman Romeinereeks: Reg voor God#46
1 485 просмотров · 5 лет назад
Woorde uit sy Woning
5,24 тыс. подписчиков
1 485 просмотров · 5 лет назад
Is hierdie HERE wat ons dien nie dalk onregverdig nie? Die kerkvader Augustinus, wat in die derde eeu na Christus geleef het, het ‘n waar ding vir ons nagelaat: Hy het gesê: "As ek nie eens my eie kop kan verstaan nie, hoe sal ek ooit God se gedagtes kon verstaan?" Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning.
Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date: February 23, 1685 Death Date: April 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa
This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition
Ons is hier bymekaar vanaand
om die uitverkiesing van die almagtige God te oordink.
Soos Moses van ouds staan ons op heilige grond
in die teenwoordigheid van Jahwe,
die ewige Ek is, wat Ek is
en dit ons sal pas
om die skoene van ons voete af te haal.
Dit sal ons pas
om soos die volk, destyds
onsself van ons versiersels te stroop.
Die versiersels wat ek hier in gedagte het
is al daardie slimmighede
al daardie arrogansie
wat ons hier binne in ons ronddra.
Die wat ons so oulik en so diep laat oorkom.
Die versinsels van ons eie hart
is die versiersels
waarvan ons gestroop moet word.
U weet
die eerste versiersel wat die mens daar in die Paradys
aan homself gehang het
is die versiersel van sy eie oorlegginge:
is hierdie HERE wat ons dien
nie dalk onregverdig nie?
Hoekom mag ons nie ook eet
van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad nie?
Die volgende versiersel
wat hulle aangetrek het,
was hulle eie trots en hoogmoed:
Hulle kon soos God wees,
as hulle wil.
En hoe meer hulle van die versiersels behang geraak het
hoe meer het hulle naaktheid na vore gekom ...
Die misterie van God se bestaan is in sy Naam opgesluit.
Ek is wat Ek is.
Bron: Rom 9:15
Oor wie ontferm God Hom?
Romeinereeks: Reg voor God#46
Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas
Woorde uit sy Woning
3030 02 12
Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by ons internetbediening!
Skryf asb in op ons YouTube kanaal! Tik/Kliek op Woorde uit sy Woning
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
Besoek gerus #uitdiepvandonkernagte op FB.
Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) • Uit Diep van Donker Nagte Reformation 500 ...
Op versoek is hierdie DVD weer beskikbaar. Dis Reformasiemaand. Bestel by reformeer@gmail.com.
2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com
3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik.
4) Ons Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: reformeer@gmail.com
6) Besoek ons Faceboek-blaaie: WoordeuitsyWoning en Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
7) Ons gemeente is 102 jaar oud.
Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer.
Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie.
Music used in this video:
Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date: February 23, 1685 Death Date: April 14, 1759
Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa
This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition