Перейти к содержимому

Vyf dinge wat God wil dat ons mekaar (en ons kinders) moet leer. (Preek 2 van 2)

Gereformeerde Kerk Stellenbosch

0:00 / 0:00

Vyf dinge wat God wil dat ons mekaar (en ons kinders) moet leer. (Preek 2 van 2)

141 просмотр · 1 месяц назад
Gereformeerde Kerk Stellenbosch
750 подписчиков
141 просмотр · 1 месяц назад
16 Augustus 2026 Skriflesing: Psalm 78 en verskeie gedeeltes Preekskema: Vyf dinge....nie die enigste dinge nie, nie noodwendig die belangrikste nie: 1. Hoe om swaarkry te hanteer. 2. Om te werk soos vir die Here. 3. Ons het nie geld, besittings , tyd en gawes nie, ons bestuur dit net. 4. Om regte keuses te maak. 5. Om verkeerde keuses te herstel. Vanoggend: 3. Ons het nie geld, besittings , tyd en gawes nie, ons bestuur dit net. Ons word dus nie gedefinieer deur wat ons het of verkry nie, maar eerder deur ons Identiteit in Christus en daarom sal ons ook die dinge wat ons het, anders bestuur. As rentmeesters moet ons dalk makliker weggee vir sake/mense wat God oor ons pad bring. 4. Om regte keuses te maak: Beginselgedrewe vanuit die Woord en nie situasie-, groeps-, of openbare opinie gedrewe nie. Die beste lewe is ’n lewe in lyn met God se wil. Om regte keuses te kan maak moet ons vol wees van geregtigheid, mooie, reinheid, liefde, God se Woord 5. Verkeerde keuses spreek in God se genade nie die laaste woord nie. Ons moet vergifnis vra en ontvang, regmaak en vergoed wat ek kan, en dan leef as produkte van God se genade, nie as produkte van ons verlede nie Preek in teks en gespreksriglyne: https://shorturl.at/HFKoE Gereformeerde Kerk Stellenbosch Ds Johan van Heyningen 082-929-1733 jvh@gkstellenbosch.co.za