Перейти к содержимому

Oom, Staan Vas (Emet Brothers)

Emet Quest

0:00 / 0:00

Oom, Staan Vas (Emet Brothers)

75 просмотров · 8 дней назад
Emet Quest
45 подписчиков
75 просмотров · 8 дней назад
[Intro – Gebed] Liewe Here, hoor my gebed, ek het raad vir ’n Oom nodig. Ek is baie jonger as hy. Hy het al meer as ek geleef en geleer, maar ek gaan nog steeds probeer. Asseblief, my Hemelse Vader, gee vir my die regte woorde. In Jesus se Naam, Amen. [Vers 1] Ek weet jy was op die grens, en julle het dalk nog ’n spens, en jy het moontlik ook ’n pens, met alle respek gesê. Oom, jou gesig sê ek is sterk, maar jou oë sê ek hou my maar net sterk. Julle era was rof, ek weet, Oom. Ek is dalk jonk en gesond, maar ek het iets op die hart. Ek kom na Oom toe met broederlike liefde, van diepte. [Vers 2] Ek kom van ’n era af waar ons moes alles doeltreffend lewer, en alles self uitvind met die nuwe internet. Ons was die proefkonyne in dosyne, en ons moes altyd vir julle raad lewer op die “computer”. En ook vir julle wys hoe al die nuwe dinge werk. Ons probeer altyd julle eer, en nog meer. [Pre-Chorus] Maar waarheen is die geloof van vroeg in jou lewe? Ek wil jou nie bedroef nie, maar God is groot, en jy het dit dalk vergeet. So ek gaan jou weer oorreed. [Chorus] Jy voel dalk jy het ’n fout gemaak met jou kinders, en ten minste het jy nou kleinkinders. Maak jou saak reg met hulle, slik jou trots, kry weer jou breë bors. Wys hulle die liefde wat jy nooit ontvang het in die weermag nie. Hulle het vir julle die koue skouer geleer en die gebruik van ’n geweer. Maar probeer nou weer. [Vers 3] Ek weet die land was beter, maar is jy seker jy weet beter? Daai tyd is nou verby, en onthou, Christus het ook vir jou gely. Hy bring genesing. Jy kort net weer ’n bietjie leiding, want die tyd waarin jou kleinkinders groot word, gaan leiding kort. En jy sal weet hoe om dit uit te “sort”. Want soms is jou kinders raad op, en onthou, die lewe is kort. [Pre-Chorus 2] Oom, die Here het jou nog nooit verlaat nie. Kyk net op, Hy is by jou. Vat Sy hand, en bring jou kant. [Vers 4] Ek ken ander Ooms wat ’n huis sal kan “bench press”, maar hulle is “depress”, en hoopeloos te trots om te gaan op hulle knieë en om trane weg te vee. Oom, dit is my droom om so sterk soos jy te wees. Maar jy kort weer die Heilige Gees en Bybel lees. [Chorus – Bou Op] Wees die Oupa wat jy graag wil wees. Kom oor jou vrees en genees jou verhouding met jou kind. En laat daai trots sink, voor dit Oom vermink. Ek gee net vir jou ’n wink, want met liefde is enigiets moontlik. Dit mag dalk tyd vat, maar mens moet iewers die eerste stap vat. [Bridge – Sag / Gebed] Mag die Here jou lei, want daai lelike tyd is nou verby. En Oom kan jou self verbly. Staan vas, Oom. Ek glo in jou. Die gewete sal aan jou kou as jy nie weer herbou. [Final Chorus – Kragtig] Ek vertrou in jou! En dit is my boodskap vir jou.