Перейти к содержимому

Vra dit net soos dit is (Emet Brothers)

Emet Quest

0:00 / 0:00

Vra dit net soos dit is (Emet Brothers)

635 просмотров · 13 дней назад
Emet Quest
45 подписчиков
635 просмотров · 13 дней назад
Vra dit net soos dit is [Vers 1] Ons Hemelse Vader, ek sien hoe sukkel die mense rondom my. Hulle geloof raak stil, hulle hoop verdwyn. Ek dra vrae in my hart wat mense hulle nie aan sal steur nie. Die vrae vind nie vrugbare grond op die oomblik nie. So ek bring die vrae net so rou soos wat hulle is. Ek bring dit na U toe, Almagtige Vader. Ek weet verseker, U luister na elke woord. [Pre-Chorus] Hoekom bid ons nie meer om tafel voor ons eet nie? Hoekom bid ons net in nood, maar sê ons nie dankie as die sleg verby is nie? Hoekom sê ons nie dankie vir die groot en klein gawes, waarmee ons reeds geseën is nie? Hoekom gryp ons eerder ons selfone as die Bybel? Hoekom vat ons pille vir innerlike pyne, in plaas van hande vat om saam te bid vir mekaar? O Vader, hoor my hart, dit gaan uit vir al die gebrokenheid om my. [Vers 2] Hoekom hardloop ons weg van die kerke af as hulle praat van geld gee om ander te help? Maar ons gee graag daai twee Rand by KFC. Hemelse Vader, Ek weet U leef. Ek voel U stem. U wys my elke dag wie U regtig is. Maar hoe maak ek 'n ander mens se oë oop vir die waarheid as hulle heeltyd op TikTok is terwyl ons gesels? In 'n era waar leuens soos waarheid verkoop word, hoe sê mens vir mense dat dit 'n strik is as niemand luister nie? [Pre-Chorus 2] My hart is swaar. My mond raak stil. Want die waarheid is gemors op ore wat nie aandag gee nie. [Chorus — Sterker] Hoekom bid ons nie meer om tafel nie? Hoekom dank ons U nie vir wat ons sien nie? Hoekom leef ons asof U weg is, my Here? Terwyl U hier by ons is... binne-in elkeen van ons se harte. Hoekom vlug ons van die kruispad af vir die vlees? En soek vrede in pille of glase? O Vader, hoor my hart se pleit. Gee my die vermoë om 'n mens se hart te bereik. [Bridge — Stil, dan bou op] Hoekom is die kerke se deure nie oop vir mense wat nie mooi klere aantrek nie? En hoe praat ek oor U by 'n braai... sonder om weggejaag of stilgemaak te word? My God... My Vader... Ek verstaan nie alles nie, maar ek vertrou in U. *[Final Chorus — Anthem]* My Hemelse Vader, werk deur my. Verwyder die seer, maak die mense vry. Genees hulle harte, gebreek deur die donker tye, asseblief. Want die tyd is min... en die oes is groot. Ek lê dit alles by U voete neer. Gebruik my, vorm my, hou my naby, Heer. Dit is my gebed, my lewe, my stem. In Jesus Christus se Naam...Amen.