Перейти к содержимому

“My Pa Het So Gesê” – Plaasarbeiders se seun wat onderhoof geword het | Sammy Jantjies | KVA S1E3

Keyter Media

0:00 / 0:00

“My Pa Het So Gesê” – Plaasarbeiders se seun wat onderhoof geword het | Sammy Jantjies | KVA S1E3

2 449 просмотров · 1 дн. назад
Keyter Media
347 подписчиков
2 449 просмотров · 1 дн. назад
Hy is gebore in Humansdorp as die seun van nederige plaasarbeiders. Vandag is hy onderhoof van Paul Sauer Hoërskool in Kareedouw, ‘n wiskundeonderwyser, ‘n kitaarspeler en ‘n man van geloof. In hierdie episode van Keyter vir Almal gesels JP Keyter met Sammy Jantjies in die kapel op Lombardini Wildsplaas. Hy vertel hoe sy ouers, oom Jan en auntie Annie, hom met min geld maar baie geloof grootgemaak het. Sy ma het sy gelapte broekies reggemaak, en sy pa se woorde sit nog elke dag in sy WhatsApp-profiel: “My pa het so gesê.” In hierdie episode: 🎸 Die kitaar wat hy met “100 bekers” Mdogo ( Magau ) afbetaal het 📐 Hoe hy wiskunde met die Bybel verduidelik: “op en regs” 🙏 Wat hy vir sy ouers sou sê as hulle vandag hier was 🎓 Sy herinneringe aan die Onderwyskollege en sy eerste klasdag 🇿🇦 Sy openhartige siening oor partypolitiek in Suid-Afrika 💬 Wat hy vir die jong Sammy van destyds sou sê Hierdie episode is vir almal wat al gevoel het dat hulle omstandighede hulle bestemming bepaal. 📺 Nuwe episodes elke week. Teken in en moenie een misloop nie! Keyter vir Almal word met trots geborg deur Value Added Life, die vervaardigers van Procydin, Prozen, Promune, Probetics en Promato. #KeyterVirAlmal #SammyJantjies #Afrikaans #Kareedouw #Humansdorp #PaulSauerHoërskool #Onderwyser #Wiskunde #Geloof #Inspirasie #Afrikaanssprekend #SuidAfrika #Gesprek #VIATV #ValueAddedLife #Prozen #Procydin