Vir wie se goedkeuring leef jy? Markus 8:34-9:1
Gelowig op Pad
0:00 / 0:00
Vir wie se goedkeuring leef jy? Markus 8:34-9:1
502 просмотра · 4 дн. назад
Gelowig op Pad
688 подписчиков
502 просмотра · 4 дн. назад
Ons sê maklik: “Ek gee nie om wat mense van my dink nie.”
Maar dit is nie altyd heeltemal eerlik nie.
Almal van ons wil aanvaar word deur die mense wat vir ons belangrik is. Jy wil nie die “uit enetjie” in die familie wees nie. Jy wil nie by die werk uitstaan as die “weird’ een waaroor almal agteraf praat nie. Ja, en baie keer wil jy ook nie uitstaan as die super godsdienstige een waarvoor mense hulle oë rol nie.
Mense se goedkeuring weeg vir ons dikwels baie swaarder as wat ons erken.
In Markus 8 praat Jesus oor mense wat hulle vir Hom skaam wanneer hulle tussen ander mense is.
Hy sê:
“Wie hom dan vir My en my woorde skaam…”
Is dit soms ek en jy?