Die krag lê nie in jou nie. Markus 9:14-29
Gelowig op Pad
0:00 / 0:00
Die krag lê nie in jou nie. Markus 9:14-29
603 просмотра · 1 день назад
Gelowig op Pad
710 подписчиков
603 просмотра · 1 день назад
Ons word vandag geleer om beheer te neem van ons probleme: maak ’n plan, bestuur die probleem, bly positief. Selfs in godsdienstige taal hoor ons soms: spreek lewe, glo net sterker.
Daar is baie dinge waarvoor ons inderdaad verantwoordelikheid moet neem. Maar elke mens kom vroeër of later by iets wat nie voor goeie beplanning of sterk wilskrag buig nie: ’n kind wat jy nie kan verander nie, ’n siekte wat jy nie kan wegneem nie, ’n verlies wat jy nie kan omkeer nie.
Dan kom die moeilike erkenning:
Die krag lê nie in jou nie.