Van ’n gewelddadige huwelik na ’n nuwe begin | Hilda Louw se getuienis
Gesinskerk
0:00 / 0:00
Van ’n gewelddadige huwelik na ’n nuwe begin | Hilda Louw se getuienis
12 572 просмотра · 1 месяц назад
Gesinskerk
11,3 тыс. подписчиков
12 572 просмотра · 1 месяц назад
Hilda Louw vertel openhartig van ’n lewe wat reeds van kindsbeen af deur swaarkry gekenmerk is, en van ’n huwelik waarin sy jare lank met vrees, mishandeling en trauma moes saamleef.
Sy deel hoe sy vasgevang en alleen gevoel het, waarom dit so moeilik was om weg te kom, en hoe die Here haar deur die donkerste tyd van haar lewe gedra het. Ná groot verlies en seer het ’n onverwagte nuwe begin vir haar aangebreek.
Hilda se getuienis herinner ons dat ons nie alleen deur die diep waters gaan nie—en dat daar, selfs ná geweldige seer, weer hoop en lewe kan wees.
“As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie...” — Jesaja 43:2
Inhoudswaarskuwing: Hierdie video bevat gesprekke oor huishoudelike geweld, trauma en selfdood.
#Getuienis #HildaLouw #Geloof #Hoop #NuweBegin