Psalm 8 - O YAHWEH, Hoe Voortreflik Is U Naam
Volgers van die Weg
0:00 / 0:00
Psalm 8 - O YAHWEH, Hoe Voortreflik Is U Naam
540 просмотров · 1 месяц назад
Volgers van die Weg
2,42 тыс. подписчиков
540 просмотров · 1 месяц назад
Lirieke:
Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, YAHWEH, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid —
of oral blink U Naam en majesteit.
O YAHWEH, hoe voortreflik is U Naam,
oor die hele aarde klink U roem en faam.
Bo die hemele straal U majesteit;
U Naam bly groot tot in alle ewigheid.
O YAHWEH, hoe voortreflik is U Naam,
die hemel en die aarde roem U saam.
Waarheen ons kyk, waarheen ons oë gaan,
daar sien ons die werke van U hande staan.
U het, YAHWEH, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
U mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.
As ek aanskou die nagtelike hemel;
ek sien in elke ster U vingermerke;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan.
O YAHWEH, hoe voortreflik is U Naam,
oor die hele aarde klink U roem en faam.
Bo die hemele straal U majesteit;
U Naam bly groot tot in alle ewigheid.
O YAHWEH, hoe voortreflik is U Naam,
die hemel en die aarde roem U saam.
Waarheen ons kyk, waarheen ons oë gaan,
daar sien ons die werke van U hande staan.
Wat is die mens dan dat U hom gedenk het,
die mensekind wat U so ryk beskenk het!
Met eer en voortreflikheid is hy gekroon,
skaars minder as die eng’le om U troon.
U laat hom heers. Tot aan die verste strande
gebied hy oor die werke van U hande.
U het, YAHWEH, dit onder hom gestel;
dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.
O YAHWEH, hoe voortreflik is U Naam,
oor die hele aarde klink U roem en faam.
Bo die hemele straal U majesteit;
U Naam bly groot tot in alle ewigheid.
O YAHWEH, hoe voortreflik is U Naam,
die hemel en die aarde roem U saam.
Waarheen ons kyk, waarheen ons oë gaan,
daar sien ons die werke van U hande staan.
O YAHWEH...
hoe voortreflik is U Naam...
oor die hele aarde...
U Naam en majesteit.