2026-08-16 Oggenddiens Dr De Wet Saaiman
Gereformeerde Kerk Krugersdorp
0:00 / 0:00
2026-08-16 Oggenddiens Dr De Wet Saaiman
98 просмотров · Трансляция закончилась 1 месяц назад
Gereformeerde Kerk Krugersdorp
867 подписчиков
98 просмотров · Трансляция закончилась 1 месяц назад
OGGENDDIENS 16 AUGUSTUS – DR De Wet Saaiman
Skrifgedeelte: Psalm 72
Teksverse: Psalm 72:1-2, 18-19
Tema: Koninkrykstyd: ’n Gebed om die Koninkryk van God!
Psalm 72 leer ons om te bid: “Laat U koninkryk kom.” Salomo erken dat hy God nodig het om sy roeping getrou te vervul. So word ons ook geroep om in afhanklikheid van die Here te leef en Hom te dien waar Hy ons geplaas het. God se koninkryk word verder sigbaar wanneer geregtigheid en ontferming ons lewe kenmerk. Ons moet daarom die armes, verdruktes, eensames en weerloses raaksien en Christus se liefde aan hulle betoon. Tog wys Psalm 72 uiteindelik verder as Salomo na Jesus Christus, die volmaakte Seun van Dawid. Hy is die ware Koning wat geregtigheid, vrede en redding bring en sy koninkryk volkome sal vestig. In die Woordverkondiging let ons op God se koninkryk wat sigbaar word in:
1. ’n Lewe van AFHANKLIKHEID;
2. ’n Lewe van GEREGTIGHEID EN ONTFERMING; en
3. In Jesus Christus VOLKOME VERVUL word.
Kollektes vir die Diens van Barmhartigheid en tweede vir die GKSA Emeritusversorgingstrust
https://pos.snapscan.io/qr/PXMP43245
https://www.paypal.com/donate/?cmd=_s...