2026-09-13 Oggenddiens Dr De Wet Saaiman
Gereformeerde Kerk Krugersdorp
0:00 / 0:00
2026-09-13 Oggenddiens Dr De Wet Saaiman
167 просмотров · Трансляция закончилась 2 недели назад
Gereformeerde Kerk Krugersdorp
866 подписчиков
167 просмотров · Трансляция закончилась 2 недели назад
OGGENDDIENS 13 SEPTEMBER – Dr De Wet Saaiman
Skrifgedeelte: Psalm 72
Teksverse: Psalm 72:1-2, 18-19
Tema: Koninkrykstyd: ’n Gebed om die Koninkryk van God!
God gebruik dikwels eenvoudige en geringe dinge om sy groot werk te doen. Selfs die spykers wat vir die tempel gebruik is, word in die Skrif genoem. ’n Spyker lyk klein en onbelangrik, maar dit het ’n belangrike plek in die bouwerk gehad. So gebruik God ook gewone mense in die bou van sy Koninkryk. Ons hoef nie groot, bekend of indrukwekkend te wees nie. Ons moet beskikbaar en getrou wees. ’n Spyker is nuttig wanneer dit stewig vasgeslaan is. Net so maak God sy kinders standvastig in sy diens. Ons krag lê nie in onsself nie, maar in God se trou. Uiteindelik rus God se Koninkryk nie op die spyker nie, maar op die Bouer. Christus bou sy kerk. Daarom dien ons nederig en getrou. In die Woordverkondiging let ons op drie waarhede uit God se Woord. In sy Koninkryk:
1. GEBRUIK God geringe instrumente;
2. MAAK God sy geringe instrumente standvastig; en
3. BOU God self sy Koninkryk
Kollektes vir die Diens van Barmhartigheid en tweede vir die Kerkkas
https://pos.snapscan.io/qr/PXMP43245
https://www.paypal.com/donate/?cmd=_s...