Onderdanig aan die staat? Rom 13:1-7 Ds Gustav Opperman Romeinereeks#60:Reg voor God
Woorde uit sy Woning
0:00 / 0:00
Onderdanig aan die staat? Rom 13:1-7 Ds Gustav Opperman Romeinereeks#60:Reg voor God
1 390 просмотров · 5 лет назад
Woorde uit sy Woning
5,28 тыс. подписчиков
1 390 просмотров · 5 лет назад
Onderdanigheid aan die owerheid. Dit bly maar ‘n krapperige onderwerp. Daar is baie, baie mense wêreldwyd wat nie daarmee saamstem nie. Onder hulle is daar ook Christene, kerkmense. Bostaande preek uit Rom 13:1-7 het Ds Gustav dringend nodig geag verlede jaar te midde van die verwarring rondom die rol van die staat tydens die Covid/grendelinperkings. Daarom is hierdie preek reeds op 2021 05 23 uitgesaai. Omdat dit volg op die preek#59 van vanoggend, stel ons dit weer vanaand beskikbaar.
Ongelukkig is onderdanigheid nie so 'n eenvoudig saak nie
en daarom moet ons vanaand bietjie meer erns maak
met dit wat hier in ons Skrifgedeelte staan.
Ons is burgers van ‘n ander koninkryk,
onderdane van ‘n ander Koning, die opgestane Jesus Christus
en ons is eerstens hier
om die belange van daardie Koning te bevorder ...
Ons is eerste hier om sy Evangelie uit te dra
en om sy Evangelie uit te leef.
Ons mag dit nie vergeet nie.
Dis binne daardie konteks
dat die apostels Paulus en Petrus beveel
om onderdanig te wees
aan menslike verordeninge.
Watter opperheer, koning of goewerneur, president of parlement,
selfs diktator of tiran
daar ookal is,
hulle is dienaars van God.
Dienaars van God.
(Dit word drie keer in hierdie sewe verse genoem).
Hulle kry hulle gesag van God af.
Een van die slegste owerheidsfigure
wat daar ooit was,
was die goewerneur Pontius Pilatus
en selfs van hom het die Here Jesus gesê,
dat die mag wat Pilatus het ...
dit kom van God af.
Dit is aan hom van bo gegee (Joh 19:11).
En as hierdie maghebebbers hulself te belangrik begin ag,
dan lees ons in Jesaja 40:
Die HERE maak die vorste tot niet,
die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
skaars is hulle geplant,
skaars is hulle gesaai,
skaars wortel hulle stam in die grond,
of Hy blaas op hulle,
sodat hulle verdor,
en die storm voer hulle weg soos ‘n stoppel (Jes 40:23 ev).
Maar intussen moet ons hulle onderdanig wees.
Dat daar nog orde in hierdie land is,
dat daar nog wette is,
dat daar nog polisie is,
dat daar nog paaie en klinieke is ...
dat ons nog eredienste kan hou
en die Woord kan verkondig ...
dis alles genade ...
‘n genade wat ons nie moet onderskat nie.
Wat is die alternatief, Broeders en susters?
Wat is die alternatief?
Wanorde, wetteloosheid, anargie?
Seerowers en rampokkers?
Rondtrekkende bendes wat moor en roof en plunder ...
en as jy iewers heen wil reis,
moet jy jou eie pad deur die sekelbos oopkap?
Bron: Rom 13:1-7
Onderdanig aan die staat?
Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas
Woorde uit sy Woning
2021 05 16
Kontakbesonderhede:
Ds Gustav en Ina Opperman +27 83 650 2186
reformeer@gmail.com
Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by ons internetbediening!
Kry 'n gratis transkripsie van preke weekliks: Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com (Ons het ongelukkig nie transkripsies van Bybelstudies en Dagstukkies nie.)
Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Ons Woorde uit sy Woning YouTube-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak:
Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: reformeer@gmail.com Ons sal u graag wil bedank.
• Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie. Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang:
• YouTube’s right to monetize: YouTube has the right to monetize all content on the platform and ads may appear on videos from channels not in the YouTube Partner Program.
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
Sarabande Classical Dramatic Joel Cummins 2:01
YouTube Audio Library License
You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required.
YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video.
You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted).