Jy is uitverkies! Juig! Weet jy verseker? Ds Gustav Opperman Efe 1
Woorde uit sy Woning
0:00 / 0:00
Jy is uitverkies! Juig! Weet jy verseker? Ds Gustav Opperman Efe 1
3 792 просмотра · 9 лет назад
Woorde uit sy Woning
5,25 тыс. подписчиков
3 792 просмотра · 9 лет назад
Prk Ef 1 Juig in jou uitverkiesing! GK Matlabas 2017 07 23
Lees Efesiërs 1:1-23
Teksverse: Ef 1:3,4
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus
wat ons geseën het
met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
soos Hy ons in Hom uitverkies het
voor die grondlegging van die wêreld
om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees
Broeders en Susters,
Dit was die groot hervormer, Martin Luther,
wat gesê het:
Die duiwel is God se aap ...
bedoelende hy is God se na-aper.
Met elke goeie ding
wat God daar gestel het,
met elke geestelike seëning
wat die mens van die Here ontvang,
sal die duiwel daarna kom ...
sal duiwel daarna kom
en iets anders in die plek daarvan stel ...
'n verwringing,
'n verwronge namaaksel,
'n drogbeeld.
God het die heilige huwelik daargestel.
Daarteenoor kom die duiwel
en hy gee ons vrye seks
of die sogenaamde gay huwelik.
God skenk
sy heilige diakonale barmhartigheidsdiens aan die mens.
Die duiwel antwoord
met die werk van die Vrymesselaars en hulle meelopers.
God skend die mensdom sy profete.
Die duiwel antwoord deur die valse profete.
God het Christus daar gestel.
Die duiwel stel die Antichris daar.
En ook ... ook vir God se soewereine uitverkiesing
het die duiwel 'n antwoord,
want hierdie aap kom
en hy stel die mens daarteenoor aan die Geluksgodin voor.
Hy stel ons voor aan Mama Lotto,
en sy word die een wat kies.
Sy sal 'n gelukkige wenner kies.
Sy sal dit doen deur 'n gelukkige trekking
of deur 'n casino-speletjie of perderwedren,
of deur die val van 'n dobbelsteen ...
Om sodoende van die uitverkiesende God
'n bespotting te maak.
Om sodoende 'n bespotting te maak van die heilige woorde
wat ons hier saam gelees het:
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus ...
Ons loof en prys
die God en Vader van onse Here Jesus Christus
wat ons geseën het ...
wat ons geseën het
met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
soos die Vader ons in Hom uitverkies het.
Ja, Hy het ons uitverkies
voor die grondlegging van die wêreld
uitverkies om heilig en sonder gebrek
voor Hom in liefde te wees
Geliefdes, daar is 'n verskil.
Daar is 'n verskil tussen die onverdiende genade
wat ons van God ontvang ...
en die meevallertjies
wat die mensdom van die Geluksgodin ontvang.
Die Geluksgodin sal met 'n groot fanfare by jou aankom,
met geld en geskenke,
met rykdom en met vet tjeks,
terwyl God se uitverkiesende liefde
na jou toe kom met geestelike seëninge.
Dit is seëninge
wat nie met die menslike maatstawwe gemeet kan word nie.
Geestelike seëninge is vir diegene
wat nie op die sigbare dinge let nie,
maar deur God gelei word
om na die onsigbare te verlang.
Geestelike seëninge is vir diegene
wat 'n verstand het met verligte oë,
soos ons hierdie Skrifgedeelte gelees het.
Wanneer die gelowige
van God se uitverkiesende genade bewus word,
dan is daar net een gepaste reaksie
dan is daar net een gepaste houding, Geliefdes
en dit is op jou knieë.
Dankie, onse Vader,
dankie dat ek 'n plek in u Vaderhuis mag hê!
Dankie onse Here Jesus Christus
dat U daar vir my 'n plek verwerf het!
dat U daar in die Vaderhuis vir my vergifnis verwerf het
deur u bloed ...
Dankie vir hierdie wonderlike erfenis,
hierdie wonderlike erfdeel
waaraan ek ook deel mag hê!
Nou mag u wel vra, Geliefdes,
as ek dan niks kan sien nie,
hoe kan ek weet ...
hoe kan ek seker wees
dat ek uitverkies is?
Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!
Skryf asb in op ons YouTube kanaal!
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word
2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks:
3)Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com
4) Beskikbaar:
Volledige Bybelstudie CD-reekse: Openbaring (20 CD's)
Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's)
Kategismusreekse: Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leërreels.
Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie Bybelstudie- en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: reformeer@gmail.com
6) Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u GK Matlabas Mediadienste finansiëel wil ondersteun, kontak ons asb by reformeer@gmail.com
Ons sal graag persoonlik met u in verbinding wil tree.