Rangna Roux vertel ons meer van haar 1000km in 9 dae te perd in Mongolia - luister self.
Boermedia
0:00 / 0:00
Rangna Roux vertel ons meer van haar 1000km in 9 dae te perd in Mongolia - luister self.
2 121 просмотр · 3 недели назад
Boermedia
29,8 тыс. подписчиков
2 121 просмотр · 3 недели назад
Daar is perdewedrenne… en dan is daar die Mongol Derby. Rangna Roux het hom gaan ry!
Duisende kilometers van die bekende wêreld af, oor die uitgestrekte Mongoolse steppe, waar daar nie 'n gewone renbaan, perdearenas of gemaklike stalle is nie. Hier word ruiters tot die uiterste getoets – nie net deur afstand en spoed nie, maar deur die terrein, die weer, navigasie, moegheid en bowenal deur die verhouding tussen mens en perd.
En tussen vanjaar se deelnemers was daar 'n Suid-Afrikaanse ruiter wat haar merk gemaak het. Rangna Roux het die ongelooflike uitdaging aangepak – en nie net klaargemaak nie, maar vierde geëindig in een van die wêreld se mees veeleisende perderitte.
Maar wat gebeur binne-in 'n mens wanneer jy besluit om iets soos die Mongol Derby aan te pak en hoe was dit?
Hoe berei jy jouself voor vir iets waarvoor jy eintlik nooit heeltemal kan voorberei nie? Hoe kies jy wanneer om aan te hou, wanneer om stadiger te gaan, en wanneer om jou perd eerste te stel? En hoe voel dit om ure en ure alleen op die Mongoolse steppe te wees, met net jou perd, jou toerusting en jou eie oordeel?
Sy het by ons kom inloer enkele ure nadat sy geland het in SA en ons praat met Rangna Roux oor die Mongol Derby – nie net oor die vierde plek nie, maar oor die hele reis: die voorbereiding, die perde, die uitdagings, die oomblikke van twyfel en natuurlik die oomblik toe sy besef het: Ek het dit gedoen.
#perde #uithouritte #mongolderby #rangnaroux #boermedia