Wat maak ’n goeie brushcutter die ekstra belegging werd? | Husqvarna
Farmspace и Husqvarna South Africa
0:00 / 0:00
Wat maak ’n goeie brushcutter die ekstra belegging werd? | Husqvarna
796 просмотров · 3 дня назад
Farmspace и Husqvarna South Africa
796 просмотров · 3 дня назад
Marius Earl van die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie werk al jare met Husqvarna-brushcutters — en een van sy masjiene is reeds 12 jaar oud.
Hy verduidelik waarom die regte masjien vir jou toepassing belangrik is, hoe snylyndikte en -lengte slytasie beïnvloed, waarom hy oorspronklike onderdele verkies en hoe eenvoudige onderhoud soos die skoonmaak van die lugfilter ’n masjien se leeftyd kan verleng.
Plus: ’n eenvoudige waterwenk vir jou snylyn wat jou dalk heelwat lyn kan spaar.
🌐 www.husqvarna.com/za/
#HusqvarnaSA #Brushcutter #TerreinOnderhoud #FarmSpace #OnsPraatBoer
00:00 Kan jy ’n Husqvarna-brushcutter vertrou?
00:24 Ontmoet Marius van Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie
00:33 Hoe die woonbuurtassosiasie ontstaan het
01:15 Waarom ’n skoon area ook ’n veiliger area is
02:14 Parke, grasbeheer en gemeenskapsveiligheid
02:44 Hoe die woonbuurtassosiasie gefinansier word
04:06 Neem verantwoordelikheid vir jou eie omgewing
04:36 Waarom hulle toerusting harder as gewone tuintoerusting werk
05:03 Kies die regte brushcutter vir die werk
05:41 Brandstofmengsel en korrekte gebruik
06:15 ’n Husqvarna wat reeds 12 jaar werk
06:55 Snykoppe, vibrasie en slytasie
07:44 Hoekom jy jou snylyn in water moet sit
08:49 Moenie die "guard" en lynsnyer verwyder nie
09:07 Waarom die korrekte lynlengte belangrik is
09:41 Watter dikte snylyn moet jy gebruik?
10:00 Waarom oorspronklike onderdele belangrik is
10:37 Duursaamheid wanneer toerusting heeldag moet werk
11:21 Daaglikse onderhoud van jou brushcutter
11:44 Hoe om die lugfilter skoon te maak
12:00 Hoe lank kan ’n goed versorgde brushcutter hou?
13:11 Marius se finale ervaring met Husqvarna