Перейти к содержимому

Hoekom jy volgende week moet stem, ken jou regte as jy móét skiet, en Gantane oor Siya se affair.

Die Papier Praat

0:00 / 0:00

Hoekom jy volgende week moet stem, ken jou regte as jy móét skiet, en Gantane oor Siya se affair.

3 613 просмотров · 15 ч назад
Die Papier Praat
2,78 тыс. подписчиков
3 613 просмотров · 15 ч назад
Suid-Afrikaners steun Sidney Hill | Verkiesings in SA en VSA | Kusch oor Siya in Suidooster Op 4 November gaan Suid-Afrikaners stem vir nuwe plaaslike regerings, en volgende week is dit tyd vir die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings in die VSA. Barnard Beukman, Die Papier se redakteur, gesels met ons hieroor. Suid-Afrikaners van alle rasse het die afgelope paar dae verenig agter Sidney Hill, die pa van Pinetown wat saam met sy dogter en seun op pad kafee toe was toe kapers op hulle toeslaan. Hill het een kaper doodgeskiet, en nog ‘n verdagte is die volgende dag deur die polisie gearresteer. Ilse Salzwedel het met Ian Cameron gesels oor die saak. Ian verduidelik ook hoe die regsproses in so ‘n geval werk, en die moets en moenies as jy jouself in so ‘n situasie bevind. Die akteur Gantane Kusch, wat die rol van Siya in Suidooster speel, gooi wal oor al die negatiewe kommentaar wat kykers hom op sosiale media toesnou. Siya het onlangs sy vrou verkul. Gantane sê hy weet gelukkig hoe om tussen werklikheid en fiksie te onderskei. Adjudant-offisier Karl Sander, die veteraanpolisieman wie se getuienis voor die Madlanga-kommissie Suid-Afrikaners aan die hart gegryp het, is hierdie week deur die burgerlike organisasie Public Interest SA vereer. Hy het die Herotoekenning ontvang by hul jaarlikse Fluitjieblaserstoekennings. Besoek www.diepaper.co.za en onthou om in te teken vir nuwe episodes elke Vrydagoggend. Die Papier Praat Aanbieder: Daniëlla van Heerden Sportaanbieder: Jana Swart Produksieredakteur: Ilse Salzwedel Uitvoerende vervaardiger: Bettie Giliomee-Rossouw Bemarking: Amy Lé-Semper en Breinstorm Brand Architects Vervaardig in opdrag van Novus Media Vir Novus Media: Esmé Smit (Hoofbestuurder) Jeannine van Zyl (Hoof van Premium Publikasies) Vir Die Papier: Barnard Beukman (Redakteur) Lucia Poolman (Nuusredakteur) Stehan Schoeman (Sportredakteur) Vir NovaNews: Lise Beyers (Nasionale redakteur: digitale nuus) Dustin Wetdewich (Nasionale sportredakteur: digitale nuus)