Hoekom neem massaskietvoorvalle landwyd toe, kan City Power gered word en is jag goed vir bewaring?
Die Papier Praat
0:00 / 0:00
Hoekom neem massaskietvoorvalle landwyd toe, kan City Power gered word en is jag goed vir bewaring?
2 914 просмотров · 1 мес. назад
Die Papier Praat
2,79 тыс. подписчиков
2 914 просмотров · 1 мес. назад
MASSASKIETVOORVALLE: Altesaam 28 mense is die afgelope naweek in twee massaskietvoorvalle doodgeskiet. Gedurende September het 57 mense in agt massaskietvoorvalle gesterf. Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime (GI-TOC) waarsku dat Suid-Afrika moet kennis neem van hierdie verskynsel, aangesien dit toeneem in omvang en al hoe meer gereeld plaasvind.
REDDINGSBOEI VIR CITY POWER: ʼn Nuwe finansiële plan wat daarop gemik is om Johannesburg se kragvoorsiener, City Power, te red, het gister in werking getree. Dit behels dat 70% van die stad se elektrisiteitsinkomste binne 48 uur aan City Power oorbetaal word, terwyl die metro 30% behou. Kenners sê dis te min en te laat.
DRA TROFEEJAG BY TOT BEWARING? Dis ʼn vraag waaroor bewaringsbewustes en die jagbedryf reeds jare koppe stamp. In die omvattendste oorsig in sy soort tot dusver, het navorsers van die Universiteit Stellenbosch 89 wetenskaplike studies uit 13 lande in Afrika suid van die Sahara ontleed. Jy kan meer lees oor hierdie navorsing in vandeesweek se uitgawe van Die Papier.
SANDRA PRINSLOO VEREER: Die legendariese Suid-Afrikaanse aktrise Sandra Prinsloo is Dinsdag vereer met ʼn eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit. Prinsloo se loopbaan van meer as vyf dekades op die verhoog en voor die kameras, is gekenmerk deur onvergeetlike vertolkings van rolle wat sy haar eie gemaak het.
OORLOGSMUSEUM KRY ERKENNING: Die Oorlogsmuseum het die Nelson Mandela Capture Site in KwaZulu-Natal as die land se voorkeur-erfenisbestemming uitgestof. Tokkie Pretorius, direkteur van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein, sê dit is nie net erkenning vir jare se harde werk nie, maar ook ʼn erkenning van die vlak waarop die museum nasionaal geag word.
Besoek www.diepapier.co.za vir nog nuus.
Die Papier Praat
Aanbieder: Daniëlla van Heerden
Sportaanbieder: Jana Swart
Produksieredakteur: Ilse Salzwedel
Uitvoerende vervaardiger: Bettie Giliomee-Rossouw
Bemarking: Amy Lé-Semper en Breinstorm Brand Architects
Vervaardig in opdrag van Novus Media
Vir Novus Media:
Esmé Smit (Hoofbestuurder)
Jeannine van Zyl (Hoof van Premium Publikasies)
Vir Die Papier:
Barnard Beukman (Redakteur)
Lucia Poolman (Nuusredakteur)
Stehan Schoeman (Sportredakteur)
Vir NovaNews:
Lise Beyers (Nasionale redakteur: digitale nuus)
Dustin Wetdewich (Nasionale sportredakteur: digitale nuus)