Waarsku almal! Genadige waarskuwing Ds Gustav Opperman Troosreeks#4 Ps 19
Woorde uit sy Woning
0:00 / 0:00
Waarsku almal! Genadige waarskuwing Ds Gustav Opperman Troosreeks#4 Ps 19
1 660 просмотров · 7 лет назад
Woorde uit sy Woning
5,25 тыс. подписчиков
1 660 просмотров · 7 лет назад
Wat jy moet weet! Genadige waarskuwing ...
Vierde video in ons nuwe reeks Troos uit die Psalms
Dis belangrik
om te weet:
Ons het kennis is nodig
om ‘n krisissituasie te oorleef.
Jy moet weet
dat daar ‘n bosbrand aan die kom is ...
dat jy betyds kan padgee.
As jy nie die waarskuwing van die diefalarm ontvang het nie,
dan het die booswigte jou in die bed betrap.
As jou vader nie jou boude gewiks het nie,
dan het jy op die warm kole getrap.
Baie keer wanneer rampspoed ons tref,
dan is die versugting:
As ons maar geweet het!
Om te oorleef,
moet jy weet.
Wanneer jy die erns van jou situasie besef,
dan behoort jy ook die wagter op die muur
dankbaar te wees ...
die een wat jou gewaarsku het.
U weet,
soveel van die mensdom is besig
om op ‘n sinkende skip te slaap;
soveel is besig om in hulle brandende huis partytjie te hou;
soveel is besig om op die kolevuur van die hel af te stuur ...
omdat hulle nie besef
wat aangaan nie!
Die HERE weet dit ook
en omdat Hy nie wil hê sy kinders moet vergaan nie,
bemagtig Hy ons met kennis ...
Eerstens kennis om ons te laat besef
hoe ernstig die situasie is;
hoe groot die gevaar is;
hoe akuut ons ellende is.
Daarom het God nog altyd sy predikers gestuur:
Noag, die prediker van God se geregtigheid,
Moses voor die tien plae Egipteland getref het,
Jeremia voor die val van Jerusalem,
Jesus voor die verwoesting van die tempel,
Paulus in die laaste dae.
Hulle is die wagters op die mure.
Hulle blaas die basuin in die nag.
Hulle waarsku
dat ons onder die oordeel van God staan;
waarsku dat God se oordeel aan die kom is.
Die toorn van God word van die hemel af geopenbaar.
Dis hoe Paulus
sy monumentale leerstuk aan die Romeine begin.
God se gramskap word
oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid geopenbaar.
Dit word geopenbaar oor mense
wat die waarheid onderdruk.
Daardie waarheid is duidelik sigbaar in die skepping.
God se ewige krag, sy goddelikheid
kan van die skepping duidelik gesien word.
So skryf die apostel in Romeine een (Rom 1:18,20).
Dis wat Psalm 19 ook vir ons sê:
Die hemele vertel die eer van God,
en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die sterrehemel leer ons iets ontsaglik belangrik
en dit is dat God geëer moet word.
Eer kom God toe!
Bron:
Waarsku almal!
Ds Gustav Opperman 2017 03 19 HK 2 Vraag 3-5 Ps 19
GK Matlabas aanddiens 2017 03 17
Lees Psalm 19 en Heidelbergse Kategismus Sondag 2
Vraag 3: Waaruit ken jy jou ellende?
Antwoord: Uit die wet van God.
Vraag 4: Wat eis die wet van God van ons?
Antwoord:
Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40:
Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart en met jou hele siel
en met jou hele verstand.
Dit is die eerste en groot gebod.
En die tweede wat hiermee gelyk staan:
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Vraag 5: Kan jy dit alles ten volle nakom?
Antwoord: Nee, want ek is van nature geneig
om God en my naaste te haat.
Tema: God se genadige waarskuwing: die wet
Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!
Skryf asb in op ons YouTube kanaal!
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks:
3)Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com
Van ons preke het onderskrifte en is dus toeganklik vir dowes.
4) Beskikbaar:
Volledige Bybelstudie CD-reekse: Openbaring (20 CD's)
Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's)
Hierdie Bybelstudiereekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
Kategismusreekse: Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leërreels.
Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: reformeer@gmail.com
6) Besoek ons Faceboek-blad: Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in!
7) Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Die kanaal het in 2016 begin en Ina is voltyds daarmee besig. Ons verbeter voortdurend die kwaliteit van ons video’s deur o.a. ons toerusting op te gradeer.
Indien u GK Matlabas Mediadienste finansiëel wil ondersteun, kontak ons asb by reformeer@gmail.com
Ons sal graag persoonlik met u in verbinding wil tree.
Musiek:
Sola Sacra Scriptura
Potchefstroomse Mannekoor
Olv Babs Brouwer
babsbrouwer@mweb.co.za
sel:083 306 4525
Slot: Ps 65
Glorieryke Psalms www.ico.org.za
info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
#gustavopperman
#inaopperman