Dankie is uitbundig!
NG Bergsig Rustenburg
0:00 / 0:00
Dankie is uitbundig!
69 просмотров · Трансляция закончилась 8 дн. назад
NG Bergsig Rustenburg
669 подписчиков
69 просмотров · Трансляция закончилась 8 дн. назад
Reeks: Hoe lyk Bybelse Dankbaarheid?
Tema vandag: Dankie is uitbundig!
Ds Pieter Jordaan
Skriflesing: Johannes 9:1-41
Soos wat ons verlede week gehoor het is die logiese en teologiese uitvloei van die Genade-reeks, dankbaarheid. Want as genade werklik onverdiend is, volg dankbaarheid soos in die Heidelbergse Kategismus (ellende, verlossing, dankbaarheid). Ons het verlede week uit 2 Samuel 9 gesien hoe Dawid iemand gesoek het om aan GESED (verbondstrou) te bewys, omdat hy self GESED van God ontvang het. Die verhaal het gevra dat elkeen ‘n spesifieke oomblik onthou waar God onverdiend GESED bewys het en eerlik kyk waar "entitlement" in my eie denke oor God ingesluip het, want egte verstomming kan nie stilbly nie en lei na “Dankie is uitbundig”.
Vandag kyk ons na hoe blindheid juis kan maak dat jy kan sien, en mense wat kan sien, totaal blind word vir die genade van God. En as jou oë soos die blindeman in Johannes 9 deur die genade van die Here geopen word, dan is dankbaarheid uitbundig.