Перейти к содержимому

Plaasmoorde - Kruisplanting 2026 aan die voet van die Witkruismonument

Boermedia

0:00 / 0:00

Plaasmoorde - Kruisplanting 2026 aan die voet van die Witkruismonument

16 600 просмотров · Трансляция закончилась 9 ч назад
Boermedia
30 тыс. подписчиков
16 600 просмотров · Трансляция закончилась 9 ч назад
Vroegoggend is dit baie koud by die Witkruismonument. Mense is van heinde en verre oppad na die verrrigtinge. Vandag is ’n besonderse, maar ook emosionele dag. Vyftien nuwe kruise gaan geplant word — vyftien name, vyftien stories, vyftien families wat met verlies moet leer saamleef. Vandag staan ons weer tussen duisende wit kruise. En ons weet... baie gaan vir elkeen 'n herinnering oproep, want.... Elke kruis dra ’n naam. Elke naam dra ’n storie. Elke storie moet vertel word, maar dit kan nie, want hulle stem is stil. Ek en jy is hulle stem, hierdie Witkruismonument is hulle stem. Vandag gaan ons hulle onthou. Ons gaan luister. Ons gaan stil word. En ons gaan bid vir hoop. Mag ek en elkeen wat vandag hier staan, nie net die kruise sien nie, maar ook die mense agter elke kruis. En mag ons, wanneer ons weer huis toe gaan, ’n bietjie meer bewus wees van die seer wat ander mense stilweg saam met hulle dra. Want soms is hoop eenvoudig om te weet: ek hoef nie alleen met my seer te stap nie. Groete, wees goed vir jouself en jou hartsmense.